Vakansiemeisie

Die webjoernaal vir almal met n passie vir ​vakansie, natuur en avontuur!


“Ons reis nie om die lewe the ontsnap nie, ons reis sodat die lewe ons nie ontsnap” ~ Anoniem


Camping in the Outdoors
Tourists walking along path in mountainous terrain
Camping chair near table on river shore

“Langtermyn reis vereis nie 'n massiewe bondel kontant nie; dit vereis net dat ons op 'n meer doelbewuste manier deur die wêreld loop” ~ Rolf Potts

Komende

Vakansie respete

Smul lekker vinnige geregte

Couple enjoying camping together on lakeside

Vakansie blyplekke

Verken die blyplekke wat vakansiemeisie aanbeveel.

Komende

LEes meer...

People Having Campfire near the Sea
Gradient Button Shape

Heeltyd vakansie

tyd

Kom saam op reis, braai ​bietjie vleis en draai weer ​tuis.

Hier deel Vakansiemeisie, haar wenke en flink ideas om vakansie maklik maak, van die beplan tot weer terug.

Desert in Namibia

Waar wag die volgende avontuur?

Square Instagram Logo
Facebook Logo Vector

Wie is ​Vakansiemeisie?

Ontmoet Vakansiemeisie– 'n vrou wie se kinderjare onder die sterre, ​in die hartjie van Suid-Afrika se ongerepte kamp plekke deurgebring ​is. Vandag, as 'n moeder, het sy haar horisonne verbreed, haar liefde ​vir reis neem haar van knus gastehuise tot eksotiese internasionale ​bestemmings. Met 'n skerp oog vir detail en 'n hunkering na avontuur, ​verken sy maandeliks 'n nuwe plek, en bewys dat, met 'n duidelike ​visie en 'n goed-georganiseerde kalender, uitgebreide reis heeltemal ​moontlik is, selfs terwyl jy 'n loopbaan najaag. Haar leuse is ​eenvoudig: wees doelgerig met jou vrye tyd, en die wêreld sal oopvou ​in al sy wonder.


Tent, Chairs, and Burning Campfire Outdoors

Waar kom die idee van ​Vanksiemeisie vandaan?

Die vonk van avontuur is aangesteek gedurende 'n tydperk van drie jaar in 'n ​langafstandverhouding, waar elke besoek van haar kêrel 'n goue geleentheid ​geword het om iets nuuts te ontdek - nie net oor die vele bestemmings wat ​hulle saam verken het nie, maar ook oor mekaar. Elke hereniging het 'n ​avontuur ingelui, 'n kans om die dieptes van die onbekende te duik en hul ​bande te versterk. Dit het 'n mantra vir die paartjie geword: "Diegene wat ​saam reis, bly saam." Nou, as 'n onafskeidbare duo, deel hulle die liefde vir die ​reis en koester elke oomblik van hul saamwees, terwyl hulle die wêreld se ​wonders een bestemming op 'n slag ontdek.

Kortpad plan 1:

Reisvriendelike kosmetiese stafies


As 'n ervare reisiger, is ek altyd op soek na ​maniere om my pakproses te vergemaklik. Een ​van my gunsteling produkte is om kosmetiese ​stafies (koekie seep) saam te neem. Hulle spaar ​nie net plek en voorkom lekkasies nie, maar het ​ook die bykomende voordeel dat hulle beter vir ​die omgewing is as tradisionele vloeibare ​toiletware.

Vaknsiemeisie se ​gunsteling...

My gunsteling stafies van "be.bare life" staan nie net bekend vir hul gerief en groot ​verskeidenheid nie, maar ook vir hul kwaliteit en huidvriendelikheid. Elke produk is ​sorgvuldig geformuleer om pH-gebalanseerd te wees, wat verseker dat jou vel en ​hare altyd behandel word met die grootste sorg. Boonop is al hul stafies vry van ​sulfate, parabene en seep, wat dit 'n uitstekende keuse maak vir die ​gesondheidsbewuste verbruiker. Die miniatuur reeks kom in 25-30g stafies, ideaal ​vir kort uitstappies, terwyl die groter seep koekies van 100g geskik is vir langer ​avonture. Met "be.bare life" kan jy gerus wees dat jy produkte kies wat nie net jou ​pakplek verminder nie, maar ook jou welstand en die planeet se gesondheid in ag ​neem.

Wegbreeknaweek


Vir 'n kort wegbreek, sal 'n minimale stel stafies jou goed ​dien:


  • Liggaamswas Stafie
  • Liggaamsroom Stafie
  • Sjampoe
  • Opknapper Stafie


Hierdie klein-grootte stafies (25-30g) is net reg vir 'n ​naweek en kan netjies in 'n seepboks gepak word.

Verlengde Verblyf Keuses


Langer avontuur...

Vir langer vakansies, beveel ek aan:

  • Groot Liggaam- en Skeerseep Stafie: Ideaal vir ​almal, hierdie stafie kan verskeie versorgingstake ​hanteer.
  • Mini Haarsorg Stafie
  • Mini Liggaamsroom Stafie

As jy onseker is oor hoeveelhede, is groter stafies 'n ​goeie rugsteunplan en hulle sal steeds ligter wees as ​vloeistofweergawes. Pak gerus 'n paar van die kleiner ​variëteite stafies in as noodvoorraad vir gemoedsrus.


Kosmetiese stafies is nie net 'n gerief vir reis nie, maar ook 'n stap na meer verantwoordelike verbruik. Hulle ​is 'n slim manier om en die valkuile van reis met vloeistowwe te vermy. Oorweeg hierdie vir jou volgend ​vakansie en laat my week hoe werk dit vir jou en jou gesin.


Will jy meer hoor oor soort gelyke sulke vakansie wenke en kortpaaie....Sluit nou aan by ons blad

Square Instagram Logo
Facebook Logo Vector

Vakansie webjoernaal

Heeltyd vakansie ​tyd...Kaapse draai.

Welkom by “Heeltyd Vakansie Tyd”, ​Webjoernaal van Vakansiemeisie! Vandag ​skop ek af met ons eerste padavontuur, ​“Kaapse Draai”. Ek Vakansiemeisie, Kêrel, ​ons twee spruite, en natuurlik ons troue ​vierwiel-gevaarte ”Tjorra the Explora”, was ​onlangs Kaap toe. Kom reis saam met ons ​deur die woorde en beelde van hierdie ​webjoernaal!

Gadget Mockup Frames Laptop

Die eerste been: Johannesburg tot Kimberly

Ons avontuur het in ​Johannesburg begin. Met ​opgewondenheid in ons harte ​en padkos in die kar, het ons ​koers gekies na Kimberley. ​Ons eerste stop was die ​bekende “Groot Gat”, 'n plek ​wat mens eenvoudig moet ​sien.

Die toeruste area sluit in 'n ​oudtydse myn dorpie en van ​die geboue word tans benut ​vir gaste kamers, winkels en ​resturant. So oornag ons in ​die dorp by New Rush ​Guesthouse, reg langs die ​Groot Gat.

Die kinders was veral ​ingenome met die tram wat ​reg voor ons deur verby gery ​het, ons het self 'n draai met ​the tram gery wat n belewenis ​was. Ons het die aand by die ​resturant geëet want daar ​was nie kosmaak geriewe in ​die kamer nie.

Koek-

suster!

Ons verken Orania

Van Kimberley af was ons volgende bestemming net n ​paar ure weg, die Afrikaaner dorp Orania. Hierdie ​unieke dorp het ons verwelkom met ope arms. Ons ​verblyf by Aan die Oewer was uitsonderlik, baie goed ​toegruste selfsorg eenhede op die bank van die oranje ​riview. Hier het Kêrel sy rug beseer en was plat in die ​bed, gelukkig kon hy ‘n gaatjie by die Spa kry vir n rug ​maseering. Op die dag het ek en die kinders die dorp ​verken. Orania is die tuiste van die Koeksuster ​monument and vele ander Afrikaanse kultuurskatte. ​Met die gratis dorp toer het ons 'n dieper begrip gekry ​van die gemeenskap wat selfstandig die dorp uitbou ​en ook hul kultuur en erfenis met trots bewaar. ​Orania is 'n plek wat mens self moet verken om die ​ware aard daarvan te waardeer.

Vanaf Carnarvon tot Calvinia

Vroeg uit Orania vertek ons op R388 rigting Potfontein en dan ​draai ons weer op die N12 om deur Britstown na Carnarvon te ​ry. Kêrel was bietjie beter van die seer rug en ons lot is met ​groot entoesiasme deur die Noord-Kaap dorpies, dit was n ​eerste keer vir my en die spruite (“cheep seats”). Een ding moet ​ek bieg, hierdie toer was voor ek die waarde van goeie padkos ​inpak verstaan het, ek bedoel nie nou die peusel happie tiepe ​nie, ek verwys na middag ete. As kind het ons gewoonlik gestop ​by n vulstasie (Utra-City) en 'n lekker Wimpy ete geniet. So kom ​ons in Carnarvon, dood van die honger, met die hulp van ​Google vind ons Lord’s Kitchen, bekend vir pizza en lam vleis. ​Die kinders is versot op n pizza en lam vleis maak Kêrel ​kinderlik gelukkig. Dit is dan wat ons bestel het, ons was glad ​nie spyt al was die wag so bietjie lank met die dat ons in die ​middel van “load shedding” daar ingeval het


Foto s geleen

Ons volgende stop was in die Calvinia-streek, ons oornag by 'n familielid in 'n bekoorlike ou skoolhuis ​woon. Die plaasskool op Klipwerf het bestaan uit die hoof se kantoor, twee badkamers en een groot ​klaskamer. Vandag n tuise van 'n beeldhouer en kunstenaar. Die vrede en kalmte daar was iets wat mens ​moeilik in woorde kan beskryf.

Plaashuisie op die ​strand: ​Wamakersvlei

Wamakersvlei is 18 ​kilometer buite Veldrift 'n ​prentjiemooi dorpie wat ​ontstaan het uit 'n ​Seemansdroom van 'n ​paradys aan die kus. Ons ​gaan tuis vir twee nagte in ​Skilpads kos by ​Wamakersvlei Beach Farm.

Die ontvangs is vriendelik en die eenheid skoon en baie goed ​toegerus. Ondanks die aanhoudende reën, wat nie heeltemal ​wou bedaar nie, het ons die ondervinding omhels. Die weer het ​'n geleentheid geskep om 'n vuur in die kombuis se vuurherd te ​maak kry, en so het ons 'n skynsrib op die ou manier gebraai – 'n ​smaak wat Kêrel gemis het daar in Switzerland.

Die volgende dag besluit ons ‘n draai op ​Paternoster te maak waar ons middag ete by my ​gusteling resrurant, Voorstrandt eet. Die seekos ​hier is hemels en nader aan die see kan jy nie kry ​nie.

Kuier net buite Klupmuts

Net buite Klupmuts, het ons 'n heerlike ses nagte deurgebring – 'n tydperk wat gemik was op familiebesoeke, ​vriendekuier, maar meestal om Kêrel se besittings wat uit sy stoor te sorteer en te pak om terug te vervoer ​Johannesburg toe. In hierdie deel van ons "Kaapse Draai" het ons ook ‘n paar uitstappies na verskeie plekke in ​gepas. Die eeste was die Afrikaanse Taalmonument.

Die Afrikaanse Taalmonument en Ryk Geskiedenis

Die besoek aan die Afrikaanse Taalmonument in Paarl het 'n oomblik ​van insig gebring. Hier het ons ontdek dat taal nie net woorde is nie, ​maar 'n weefsel van identiteit en erfenis. Volges hul webblad, het ​argitek, Jan van Wijk, die monument ontwerp om erkenning te gee aan ​die diverse herkoms van Afrikaans en ook die natuurgebied se ​skoonheid te vereer.


Vergelegen: Historiese Prag en Smullekker Pizza

'n Besoek aan Somerset-Wes het ons die geleentheid gegee om te vertroud te raak met die ryk kultuur van die ​streek. Ons het besluit om Vergelegen wynplaas te besoek, 'n historiese juweel wat ons na die era van Simon ​van der Stel geneem het. Hier, te midde van pragtige tuine en 'n ryk geskiedenis van 320 jaar, het ons 'n ​ervaring van onskatbare waarde beleef.

Na ons die tuine van Vergelegen ​behoorlik ontdek het ons besluit ​om ons te bederf met middag ete.Ons liefde vir pizza het ons na ​Gino's gelei vir 'n smullekker ete, 'n ​toets om seker te maak die ​kwaliteit is dieselfde as die ​Robersham-tak terug by die huis.

Fairview wynplaas: Bokke, kaas en wyn

Op ‘n volgende geleentheid besoek ons die bokke ​van Fairview wynplaas. Dis altyd interessant om te ​beskou hoe die bokke die bekende toring klim. Hier ​het ons nie net van die heerlike kaasbord geniet nie, ​maar ook van 'n unieke kombinasie van kaggelvuur ​goeie wyn, en vermaak vir die kinders. Die is beslis ‘n ​plek wat ons weer sal sien in die toekoms.

Klupmuts Se Tuinhuis: 'n Knusse Tuiste

Die verblyf by die Tuinhuis in Klupmuts was nie net ​bekostigbaar nie, maar 'n ware oase van gemak en warmte. ​Tuinhuis is op ‘n plaas geleë en die spruite die geleentheid ​gehad om die diere, onderandere ponies en bokkies te voer, ​hul praat vandag nog oor die diere en hoe lekker dit was. Die ​kaggel was net wat nodig was vir die koue winter aande. ​Natuurlik hoef ek nie eers vir Kêrel te vra om vuur the maak ​nie...’n kaggelvuur is vir hom die grootse plesier naas ‘n ​braaivleisvuur.

Kleinbrak Rivier - 'n Erfstuk aan die See

Ons volgende bestemming was die betowerende Kleinbrak Rivier in die Tuinroete area. Hier het ons vier nagte ​deurgebring in die vakansiehuis van 'n familievriend – 'n plek wat vir vier geslagte deur hul familie gekoester ​word.

Die eiendom, met sy pragtige houtvloere, het ons verwelkom met 'n gevoel van geskiedenis en liefde. Die ​ligging kon nie beter wees nie, reg langs die strand met 'n kort wandeling die duin af. As jy die duin afstap, ​word jy begroet deur kilometers strand – steeds baie privaat en onbeskaamd kommersievry.

Selfs al was dit Julie maand, het die weer aangenaam gebly en ons kinders het selfs 'n poging aangewend om te ​swem. Die ontspanne atmosfeer het ons harte gevang, en ons het die verblyf so geniet dat ons dadelik weer ​bespreek het vir 'n langer kuier die volgende jaar. Meer hieroor sal volg in 'n opkomende inskrywing.


Mosselbaai uitsappie

Nie te ver van Kleinbrak is Mosselbaai, 'n juweel wat ​volop van geskiedenis en ontdekking is. Ons besoek die ​Dias Museum met die bekende replica boot van ​Bartolomeu Dias’s wat gebruik is in 1988 met die 500 ​jaar herdenkings fees van Bartolomeu Dias se reis na ​die Kaap van Goeie Hoop. Dit was 'n blik in die lewens ​en dapperheid van die vroeë seevaarders.


Een van die hoogtepunte van ons besoek was die ​beroemde 500-jaar oue Poskantoorboom. Hierdie ​ikoniese boom was gebruik eeue terug , toe ​seevaarders hul posstukke in die boom se holtes gelaat ​het vir verbygaande skepe.





Ons was ook na die Skulpmuseum en Akwarium, 'n ​plek waar ons meer bekent geraak het met die ryk ​onderwaterwêreld van die kus. Die verskeidenheid ​skulpe en seekreatuure het 'n nuwe waardering vir ​die see se wonderwereld by die kinders ontlok. ​Laaste het ons deur die Etno-Botaniese Tuin ​gewandel, 'n plek van kalmte en natuurlike prag wat ​die etnobotanika van die streek vier.


Na ons verkenning van Mosselbaai het ons 'n heerlike ​roosterkoek geniet by Kaai 4 Braai. Die restaurant se ​pragtige ligging langs die water, met die sand wat ​tussen you tone krabel, voer dit jou weg na ‘n ​eilanddroom.

2 Nagte in Graaf-Reniet

Dit was tyd om ons "Kaapse Draai" avontuur af te sluit en terug te keer, ons roete het ons deur Graaf-Reniet en ​die Vallei van verlatenheid geneem. Hier het ons twee nagte deurgebring by die Profcon Country Cottages


Die Groote-kerk met sy indrukwekkende argitektuur kan nie gemis word in die Oos-Kaap dorpie nie. Daar is ook ​verskeie museums wat meer insig in die ryk geskiedenis van die streek inhou, wat ons op ‘n volgende keer sal ​besoek. Die gesellige koffiewinkels en die koerierwinkels het 'n geleentheid gebied vir die uitsnuffel van unieke ​herinneringe aan ons tyd in Graaf-Reniet.


Profcon Country Cottages bied ‘n verskeidenheid van gerieflike verblyf opsies, veral as jul met kinders reis. ​Daar is verskeie aktiviteite om die kinders besig te hou terwyl jy bietjie rus na die lang pad. Gaan kyk gerus wat ​alles hul bied.

Laaste Stop by River of Joy

Ons laaste stop voor ons tuis toe is, was River of ​Joy net buite Bloemfontein. Hier het ons gemaklike ​en bekostigbare verblyf geniet. Ons het ​geïmproviseer en ons laaste "Skuinsrib" gebraai, ​wat ons in Willomore in die Karoo gekoop het.

Die atmosfeer by River of Joy het sy naam eer ​aangedoen, en ons het die laaste ete van ons ​"Kaapse Draai" avontuur geniet terwyl ons oor die ​afgelope weke se reiservaringe gesels het. 'n ​laaste huldeblyk aan die smake en geure van die ​unieke plekke wat ons besoek het.


Met harte vol herinneringe het ons die laaste been ​van ons reis na die gemak van ons huis aangepak. ​Dankie aan al die wonderlike plekke wat ons ​besoek het, en bly uitkyk vir ons op toekomstige ​avonture.


Sluitaan by ons blad om op hoogte te bly van die ​avonture van Vakansiemeisie.